Geweld verhoog jeug se bloeddruk

Deel op

Geweld in Suid-Afrika het ‘n groot uitwerking in jongmense se bloeddruk-vlak, het Wits universiteit bevind.

Volgens die navorsing, Birth to Twenty, kan hoë bloeddruk by jongmense tot ‘n hartaanval of selfs kardiovaskulêre siektes lei.

Dit was die grootste en langste studie van kind- en adolesente se gesondheid en ontwikkeling in Afrika.

Prof. John Pettifor, verbonde aan Wits universiteit, het in ‘n verklaring gesê dit was veral geweld, sanitasie en bates in die huis wat ‘n impak op bloeddruk gemaak het.

Bloeddruk bestaan gewoonlik uit twee komponente naamlik sistolies en diastolies. Sistoliese druk word gemeet wanneer bloed teen die mure van are en slagare gedwing word en die hart saamtrek. Diastoliese druk is wanneer die hart ontspan.

“Ons het ‘n wye reeks van faktore ondersoek, insluitend ekonomiese- en sosiale aspekte asook die skoolomgewing. Maar die enigste gemeenskaplike faktor wat assosiasie met sistoliese druk getoon het, was dinge wat verband hou met geweld,” het dr. Paula Griffiths, ‘n navorser gesê.

In 1990 is 3 273 kinders van Johannesburg by die Birth to Twenty-program ingeskryf. Hulle was dus vir die afgelope 20 jaar gevolg en onderhoude mee gevoer.

 

сауны фототопкарго отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.