Piekniekkos

Deel op

{jathumbnail off}

Kook ‘n twee koppies orecchiette pasta in genoeg water en ‘n bietjie sout gaar. Die pasta lyk soos klein oortjies. Enige kleinerige pastavormpie sal werk.

Sny ‘n klein blikkie bruin lensies oop of kook ‘n koppie bruin lensies in drie koppies water tot gaar. Laat pasta en lensies afkoel. Gebruik ‘n derde van die lensies en al die pasta vir vier mense.

Halveer 6 – 8 kersietamaties, sny ‘n halwe rooi soetrissie en ‘n halwe rooi ui in fyn skyfies en meng by die pasta en lensies. Strooi pietersielie, basiliekruid, origanum en tiemie daaroor, so ‘n teelepel van elk. Dit kan vars of gedroogde kruie wees, maar vars bly bobaas. Rond af met twee eetlepels fyngerasperde Parmesaankaas.

Bedrup met olyfolie en balsemasyn wat met knoffel gegeur is. Twee tot drie eetlepels slaaisous is genoeg.

Skep op, en gaan geniet onder daardie lekker skaduboom in die tuin terwyl die olyflysters wip-wip saamgesels.

недорогая стоматологиялобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.