Verligtes het ons in die gemors gedompel, nie AWB

Deel op

Met verwysing na Gert van der Westhuizen van Beeld se geheue oor die verlede ontstaan die vraag of hy hoegenaamd bewus is van die hede? Het u nog kontak met die werklikheid? Want alles wat u daar skryf is slegter vandag as ooit in die geskiedenis van die land. In die tweede paragraaf onder u artikel in Beeld staan geskryf dat ons lewens deur geweld en misdaad oorheers word.

Die universele gemors van vandag is nie die maaksel van verkramptes en regses en allermins die AWB nie. Dis die daggadroom en konsepsie van sogenaamde “Verligtes” wat nou te stiksienig is om hul skuld te erken en iets daaromtrent te doen.

Ja die militêre opsie van die AWB wek weersin omrede dit herinner aan die soortgelyke jammerlke militêre mislukking van die Nasionale Party ná Verwoerd se moord –  sodat mens kan naar word daarvan. Dit is al probeer en dit het nie gewerk nie. Soos wat Eugene van sy perd afgeval het, het die NP soos Black Adder oorgekom – omring met die Balldricks van die Afrikaanse media.

Dis nie die regses wat die sogenaamde Inligtingskandaal gefabriseer het nie maar die verligtes. Met die gevolg dat Afrikaners se hele bestaansreg onwettig geword het en as ‘n misdaad teen die mensdom beskou word. Dis die vrug van die verligtes se arbeid tot vandag toe. Die dolksteek in die hart van Afrikaner as volk tensy die die “Volk” weer soos ‘n feniks kan herrys.

Want  absurde opsies raak moontlik in obsene situasies.

My versoek is dat Gert vir sy baas moet vra of sy baas dink dat die Afrikaners swaksinnig is om sulke snert in ons moedertaal te lees en sy baas nie dink dat Afrikaans se voortbestaan daardeur bedreig word nie. Soos wanneer ‘n melkboer vrot verdunde melk probeer verkoop. En dat Naspers nie NAT Press gaan word nie?

Maar miskien, wie weet, is die artikel bedoel om lankmoedige Neelsies soos ekke na die sleutelbord te laat gryp in die middel van die nag.

Omdat  die pen magtiger is as die Sanna – waaroor ons dankbaar kan wees – vir ‘n uitweg uit ons ellende.

Ek is oortuig dat niks ons moet dwing om geweld te gebruik nie, iets waaraan Lech Walesa sy sukses te danke gehad het.

проверить на полиграфетопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.