Bravo, Jack Bloom!

Deel op

Ek het nie veel erg aan Jack Bloom se party, die DA, nie, maar hy maak ‘n uitstekende en baie dapper punt in hierdie rubriek op Politicsweb. Bloom se punt is dapper omdat dit seker is dat die polities-korrektes hom gaan wil kruisig oor sy skrywe.

Bloom meen dat jou onverantwoordelike gedrag nie ‘n las vir ander behoort te wees nie. Daar is weliswaar siektes wat nie verhelp kan word nie, maar daar is beslis ander wat deur mense se eie toedoen oor hulself gebring word. As jy dus rook, suip soos ‘n vis, rondspyker en jou daagliks oorvreet, waarom moet die ander lede van jou gemeenskap jou help as jy dan gevolglik longkanker, ‘n versteende lewer, vigs of diabetes onderskeidelik kry?

Bloom maak die punt dat vigs, ‘n siekte wat uiters voorkombaar is, die belastingbetaler miljarde uit die sak jaag. Die Engelse gesegde lui: “You don’t catch aids, you have to go and get it.” In uitsonderlike gevalle word vigs op ‘n ander manier opgedoen, maar die opdoen van vigs is meestal eenvoudig te wyte aan promiskue seksuele gedrag en ‘n gebrek aan selfbeheersing. Waarom moet die belastingbetaler vir jou mediese sorg betaal as jy dit deur jou eie nalatigheid oor jouself gebring het? Dit is veral mans wat hulself hieraan skuldig maak.

Iets wat selfs meer onverantwoordelik is as die opdoen van vigs agv ‘n losbandige lewenswyse, is om veelvuldige kinders te verwek waarvoor jy nie kan sorg nie. Mens hoor alte dikwels van mans wat tot twintig kinders by ‘n aantal vrouens verwek. Dis kinders waarvoor hy dikwels nie kan sorg nie en wat gevolglik ook self meestal ‘n las op die samelewing word. Weer eens: dis mans wat die groot sondebokke hier is en die vrouens met die gebakte pere laat. Daardie twintig kinders wat die onverantwoordelike mans verwek, moet gesondheidsorg, infrastruktuur en skoolopvoeding kry. Dit is bykans altyd egter beswaarlik die man wat nie sy penis in sy broek kon hou nie wat moet opdok, maar eerder die verantwoordelike belastingbetaler wat reeds swaartrek aan onder andere Eksdom se buitensporige verhogings.

Die Chinese het die regte idee gehad met hul een-kind-per-gesin-beleid. As jy dan wel verwag dat die samelewing jou moet onderhou, verwag ek as die belastingbetaler van jou om verantwoordelik op te tree en een of twee kinders te verwek by slegs een vrou. As jy dan nie verantwoordelik kan optree nie, as jou selfbeheersingsfilter buite werking is en jy wil steeds ‘n toelaag ontvang, sou dit na my mening ‘n gawe idee wees om die ontvangs van ‘n maatskaplike toelaag onderhewig te maak aan die verkryging van ‘n vasektomie of vroulike sterilisasie deur die ouers in die gesin wat die toelaag benodig.

расчет схемы укладки ламината программаданильченко юрій броніславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.