Standerton gaan ‘onregeerbaar raak’

Deel op

Die Lekwa-munisipaliteit op Standerton het vandag gereageer op die inwoners se dreigement om Standerton “onregeerbaar te maak” deur vir ‘n “kommunikasieplatform” te vra.

“Daar behoort ‘n kommunikasieplatform te wees, ongeag of hulle tevrede mer die munisipaliteit is of nie,” het ‘n munisipale woordvoerder, Sipho Mkhwanazi, gesê.

Vroeër vandag het die provinsiale regering ‘n verslag uitgereik in reaksie op eise van die betogende lokasie-inwoners.

Die verslag is egter deur swart gemeenskapsleiers verwerp.

“As hulle nie met die verslag tevrede is nie, moet hulle aandui waarmee hulle nie tevrede is nie… die LUR sal dit sekerlik kommunikeer,” het hy gesê.

Lekwa in die Mpumalanga-provinsie sluit die dorp Standerton en die lokasie Sakhile in wat oor die afgelope twee weke deur geweld en betogings oor dienslewering geskud is.

Ná afloop van ‘n vergadering met die munisipale bestuurder, het die gemeenskapsleier Phanuel Manana gesê inwoners gaan sitstakings by munisipale kantore hou totdat die bestuur aan hulle verduidelik wat hulle met belastingbetalers se geld doen.

Inwoners het die munisipale amptenare van korrupsie beskuldig, asook dat hulle nie vir hul poste gekwalifiseer is nie en R30 miljoen verloor het wat bestem was om dienste te verbeter.

Manana het gesê hy veroordeel vandalisme maar verstaan dat inwoners nie langer in staat is om hul woede te beteuel nie.

bridal forehead headbandsДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.