Wortelslaai

Deel op

{jathumbnail off}

Maak ‘n heerlike wortelslaai met die groot, goedkoper wortels wat boonop ewe elegant as die babaworteltjies in sy slaaigedaante lyk.

Skil 4 lekker vars wortels vir 4 mense en skaaf dan met dieselfde groenteskiller lang repe wortel en rangskik in ‘n mooi bak.

Maak ‘n slaaisous van ‘n halwe koppie vars lemoensap, twee eetlepels appelasyn, een teelepel gerookte paprika en ‘n halwe teelepel komynsaad, fyngemaal. Giet oor die slaai en roep die tafelgenote nader.

‘n Sterkerige kaas by ‘n vars broodjie gaan goed met die wortelslaai af.

купить трансформерДанильченко Юрий Брониславович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.