Nog diensleweringsgeweld

Deel op

Ses mense is in Palm Ridge naby Katlehong in hegtenis geneem tydens ‘n protesaksie oor swak dienslewering in dié gebied.

Volgens sersant Obakeng Tsomane van die Suid-Afrikaanse polisiediens het inwoners net ná middernag begin betoog teen die gebrek aan elektrisiteit, toilette en water.

Hulle het klippe en brandende bande gebruik om paaie te versper.

Tsomane sê niemand is gedurende die optog beseer nie, en die skare is uitmekaar sonder dat rubberkoeëls gebruik is.

‘n Groep betogers het Maandagoggend na die Ekurhuleni-metro se hoofkantore in Germiston gestap nadat hulle motorbande aan die brand gesteek het en verskeie paaie afgesper het.

“Die betogers is ongelukkig oor dienslewering in die area en dring daarop aan dat die koppe van sommige raadslede moet rol,” het Khobedi Mokheseng, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

Die betogers het vanaf 04:00 die oggend reeds Osborne-, Nitrogen-, Kalk- en Alkalinestraat versper.

 

каркасные бани фотоЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.