Nog ‘n Suid-Afrikaner vra asiel

Deel op

Nog ‘n wit Suid-Afrikaner sê haar lewe sal in gevaar wees danksy rassediskriminasie indien sy na Suid-Afrika teruggestuur word.

Dianne Louise Jefferson (22), wat by Boston Scientific in Galway, waar sy woon, werksaam is, het in Dublin se hoërhof aansoek gedoen om in Ierland te mag bly.

Regter Elizabeth Dunne het ‘n interimmaatreël waarvolgens Jefferson nie gearresteer, aangehou of oorgeplaas mag word nie, toegestaan.

Jefferson het in haar aansoek gesê sy voel “as ‘n wit Suid-Afrikaner dat daar ‘n werklike moontlikheid bestaan van rassediskriminasie teen haar en dat sy vrees vir haar welstand en uiteindelik haar lewe indien sy gedeporteer word”.

Sy het Suid-Afrika op 1 Junie 2002 verlaat na die dood van haar ouma en na ierland verhuis om by haar pa te wees.

In die sewe jaar wat Jefferson in Ierland gewoon het, het sy haar skolloopbaan voltooi, gestudeer, in die huwelik getree en as ‘n projekbouer in 2006 by Boston Scientific aangesluit.

Op 16 September hierdie jaar het die Ierse Naturalisasie en Immigrasiediens haar verwittig dat haar verblyfkaart geweier is en dat sy vanaf 20 September ‘n onwettige inwoner sou wees.

Sy is aangeraai om huistoe te gaan.

Sy is deur haar regsverteenwoordiger aangeraai om vir Ierse burgerskap aansoek te doen. Sy is in 2005, op die ouderdom van 18, met Kevin Curran getroud, maar Curran woon tans in Nederland vir werksdoeleindes alhoewel hy gereeld in Ierland by sy vrou kuier.

 

купить детские комбинезоны для девочекФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.