Madagaskar wys nuwe premier aan

Deel op

Madagaskar se regering het ‘n nuwe eerste minister ingehuldig en die feit dat die voormalige eerste minister geweier het om uit te tree, geïgnoreer.

Lede van die oorgangsregering het laat Saterdag ontmoet om Eugene Mangalaza te bevestig.

Hy is Dinsdag aangestel deur bemiddelaars wat op ‘n magsdelingsooreenkoms besluit het ná ‘n staatsgreep daar.

Uitgaande eerste minister Monja Roindefo weier om uit te tree en sê nie alle partye het ‘n sê in hierdie besluit gehad nie.

Afgesette voormalige president Marc Ravalomanana het ook kapsie gemaak teen die bemiddelaars se besluit om staatsgreepleier Andry Rajoelina as president te hou tot die verkiesings in 2010.

Rajoelina, burgemeester van Antananarivo, het Ravalomanana tot ‘n val laat kom ná weke se betogings wat tot honderde mense se dood gelei het.

 

siteлобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.