Bank in Middelburg beroof

Deel op

Rowers het by ‘n Absa-bank in Middelbrug ingebreek en met ‘n onbekende bedrag geld gevlug, het die polisie Sondag gesê.

Volgens kaptein Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die rowers Saterdag omstreeks middernag toegang tot die perseel verkry deur die agterste hekke.

Hulle het glo die sekuriteitsdeure afgebreek en die bank ingegaan.

Daar is by twee van die kluise ingebreek.

“Ons vermoed dit was ‘n interne rooftog. Hierdie verdagtes het geweet wat om waar te doen,” het Hlathi gesê.

Die rowers het die alarm ontkoppel en sekuriteitskameras verwyder.

 

розвиваючі ігри для дітей 2-3 роківtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.