SAPD gaan in paramilitêre mag getransformeer word

Deel op

Die Suid-Afrikaanse metropolisie gaan saamsmelt met die SAPD om een “super polisiemag” te vorm, het ‘n polisiewoordvoerder Saterdag bekendgemaak.

Die projek wat deur die adjunkminister van polisie, Fikile Mbalula, gedryf word, wil die SAPD in ‘n paramilitêre mag transformeer met militêre range en dissipline het woordvoerder Paena Galane aan Sapa gesê.

“Ons het een enkele sterk polisiemag nodig, met al die polisie se middele verenig vir dieselfde doel.”

Hy het gesê dit is ‘n vermorsing van staatshulpbronne om metropolisie te hê wat mense arresteer net om hulle aan die SAPD te oorhandig vir ondersoek en hofprosedures.

“Die metropolisie het enorme hulpbronne maar hanteer nie sake nie. Hulle getuig nie in howe nie. Nou probeer ons al die polisiemagte gebruik om op ‘n beter gekoördineerde wyse misdaad te beveg,” het Galane gesê.

Om metropolisiedepartemente in elke dorp te hê in die land lei tot onnodige onsekerheid by die publiek, het hy gesê.

Die skuif is ook in lyn met die ANC se besluite in Polokwane om ‘n enkele polisiediens te skep.

Galane sê die inisitief word tans intern bespreek.

“Die departement sal die staat se regsadviseurs ontmoet om beleid oor die aangeleentheid te bespreek.”

Mbalula het intussen aangedui dat die opleiding van polisielede moet verander om die “diens” in ‘n “mag” te verander.

Hy het die huidige polisierange as te burgerlik beskryf en gesê die polisie moet nie met ‘n ander nie-regeringsorganisasie verwar word nie.

 

купить стульчик для кормления недорогоОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.