Los nou maar die geflikvlooi, minister

Deel op

Tussen Julius Malema en ons nuwe minister van Landbou, Bosbou en Vissery, Tina Joemat-Pettersson, saai hulle verwarring onder die boere in die land. Elke week verander hulle hul sienswyse oor die toekoms van die handjievol boere wat nog ons landbou sektor aan die gang hou deur produktiewe boerderye te bedryf. Hulle praat met gesplete tonge en doen niks goeds vir die alreeds mislukte grondhervormingsbeleid nie.

Die een oomblik wil hul die boer se plaas vat en gee aan mense wat nie ‘n benul het van hoe om te boer nie en die volgende oomblik wil hul weer hê ons boere moet iewers in donker Afrika gaan boer. Joemat-Pettersson se mees onlangse uitlatings lui as volg: “Ons sal julle uitverhuur, maar ons sal julle nie verkoop nie. Ons wil julle nie wegjaag nie, maar wil hê dat julle jul boerderybelange na ander lande in Afrika uitbrei. Ons wil hê boere wat ’n positiewe bydrae kan lewer, moet gaan help. Ons wil nie ons probleme uitvoer nie, maar 30% van die landbougrond in die land moet binne die volgende vyf jaar aan swart boere oorgedra word. Ons moet nie slaap nie. Hierdie is ’n ideale geleentheid vir Suid-Afrika om ’n vastrapplek te kry in Afrika soos die Brasiliane en die Chinese reeds begin doen het “. Nou as dit nie die grootste klomp snert is nie, wat is dit dan? Miskien moet al die boere ‘n sjebeen en bordeel op hulle plase oopmaak soos die Boer van die Jaar iewers in die Vrystaat. Sy is egter intussen van haar plaas afgejaag deur iemand wat gesien het waarop die eens spogplaas afstuur.

Ons eie landbousektor het oor die afgelope 10 jaar met meer as die helfte gekrimp. Die boere wat sonder staatshulp bankrot gespeel het moes noodgedwonge vanaf hulle plase gee pad. Die wat dit nog kon maak is vermoor en hulle erfgename sien eenvoudig nie kans om voort te gaan met hierdie dobbelspel nie. Om met ‘n miljoen in ‘n casino in te stap is ‘n kleiner risiko as om dit in die grond te plant. Boonop het ons Regering soveel laegraadse invoere toegelaat dat die prys van gewasse sodanig verswak het dat die insetkoste baie boere na ander heenkome gelei het. Landbou-instansies en rade wat produkte beskerm het en die boere deur die maer jare gedra het, is geplunder en bestaan nie eens meer nie.

So mev. Joemat-Pettersson, om nou by boere te flikflooi om in meer politiek onstabiele lande te gaan boer met jou mooi beloftes en jêm-om-die-bek praatjies is belaglik. Glo my, baie sien deur jou en die mense namens wie jy praat. Nêrens elders is ons boere meer nodig as juis hier in Suid-Afrika nie. Hoe kan ons kos produseer in ander Afrikalande as miljoene van ons eie mense nie eers een keerl per dag ‘n ordentlike en voedsame maal kan nuttig nie. Of praat jy net in jou eie belang? Hoekom besig jy jouself nie eerder met vissake nie want die is in net so ‘n groot gemors gelaat deur jou voorganger. Mense in arm gemeenskappe wat vir generasies hulle self aan die lewe gehou het uit die see, krepeer nou as gevolg van julle kwotastelsels wat die vismagnate nog ryker gemaak het. Jy sê ons moet nie slaap nie, maar jy moet ook nie droom nie. Word wakker want jy leef in ‘n droomwêreld, ons broodblik is amper leeg en die mense vir wie julle plase wil gee, gaan dit nie volmaak nie.

free slot play onlineпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.