Stille Oseaan bewe weer

Deel op

‘n Matige aardbewing van 5.9 op die Richterskaal het die Stille Oseaan naby Tonga geskud, luidens ‘n verklaring wat uitgereik is deur die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS).

Die aardbewing het Sondagoggend omstreeks 08:14 plaasgevind, het die USGS gesê.

Die aardbewing het sowat 65 km oos-noordoos vanaf Tonga gebeur.

Die skudding het slegs sowat 260km vanaf Samoa, wat op 29 September deur ‘n verwoestende aardbewing en tsoenami getref is, plaasgevind.

Die Stille Oseaan-waarskuwingsentrum op Hawaii het geen waarskuwing van ‘n moontlike tsoenami na dié aardbewing uitgereik nie.

 

in arabian nightsФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.