Eskom dalk kopseer in 2010

Deel op

Suid-Afrika se ekonomie begin tekens van herstel toon, maar die land se elektrisiteitverskaffer begin egter ‘n bekommernis raak soos die 2010 Fifa Wêreldbeker nader kruip, het kenners gesê.

Die elektrisiteitverskaffer het groot verligting ervaar soos die behoefte aan krag gedurende die resessie verminder het.

Die aanvraag na krag begin egter weer optel.

“Ons sien reeds tekens van verhoogde aktiwiteit in die industriële nywerhede,” het Cornelis van der Waal, ‘n energie-ontleder van Frost and Sullivan-konsultante gesê.

Dit gaan volgende jaar Eskom se kapasiteit en vermoë toets, het hy gesê.

“Die energiereserwes is tans onder 10%, wat dinge verder kompliseer. Indien daar ‘n onderbreking voorkom, sal langdurige kragonderbrekings volg.”

Eskom benodig sowat R385 biljoen vir nuwe kragstasies. Die ontwikkeling van twee stasies is reeds onderweg, maar dit sal eers in 2012 in werking wees.

Owerhede by Eskom sê egter hulle is positief daar sal geen kragonderbrekings gedurende die wedstryde wat sowat ‘n maand lank duur, plaasvind nie.

 

если воспалилась десна вокруг зубаДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.