Buiteland toe!

Deel op

Die Afrikaner het geen bedingingsmag in hierdie land nie!

Ek is van mening dat ons Afrikaners geen inspraak by die huidige regering het nie. Ons gaan ook vorentoe geen inspraak hê nie. Om as Afrikaners of wat ook al met hulle te gesels, is 'n mors van tyd.

Deel op

 

Die ANC-hiërargie se ideologiese denke is destyds deur hul Marxistiese leermeesters in veral Rusland en Oos-Duitsland gevorm. Hulle het nog nooit afgesien van die uitgediende denke en metodes wat hulle in Moskou en Leipzig aangeleer het nie.

Die revolusie wat die diktatuur van die proletariaat vooraf moes gaan, is gefrustreer met die oorgawe van  De Klerk, Wessels, Meyer en die ander patete.

Daardie rewolusie is egter tans besig om te ontwikkel met die moorde op boere en al die ander besittersklasse ("have's"). Die verwoesting wat tans aan die gang is, sal voortgesit word en sal vererger – met die stilswyende goedkeuring van die regering. Die uitsprake en optredes van siele soos Mbeki, Selebi, sy minister en die ander klomp bevestig die feit dat daar niks van hul kant sal kom om die verwoesting te stop nie, inteendeel.

 

Wat kan ons doen? Ek dink ons kan baie doen om die proses te vertraag en hopelik om dit uiteindelik tot stilstand te dwing. Ons kan egter dit nie doen deur ons na die regering te wend nie. Ons redding is slegs by diegene te vinde wat die politieke, maar veral die ekonomiese spiere het wat hierdie regime dermate kan bedreig dat hulle geen ander keuse het as om gehoor te gee nie.

As voorbeeld. Indien die Duitse regering en/of BMW, VW en Siemens sou sê dat hulle verdere beleggings en betrokkenheid hier gaan beëindig, tensy die volksmoord en verwante misdrywe gestaak word, is ek oortuig dat die klokke hier sal begin lui.

Dieselfde tipe druk kan positiewe gevolge inhou op die internasionale politieke terrein. Dit is 'n baie sensitiewe gebied vir enige swart leier, soos ons duidelik kan sien met Mbeki se beheptheid oor sy buitelandse beeld en om altoos sy neus oral in te druk. Indien die lede van die internasionale politieke gemeenskap begin om vir die vent die deur te wys, omdat hy o.a. die misdadigheid, vigs, ens., in sy eie land nie kan beheer nie, sal daar myns insiens deeglik van kennis geneem word.

Hoe bereik mens die punt waar sulke druk op die regime geplaas word? Die enigste manier is deur toegang te bewerkstellig tot die teikenstate en die groot maatskappye, die internasionale media, politieke groeperinge en partye in die state wat politieke en ekonomiese invloed in die NSA het.

Dit sal ook noodsaaklik wees om die steun, finansieel en ,te verkry van rolspelers in die NSA, soos Johan Rupert en soortgelyke invloedrykes. Sulke mense se insette, veral wat toegang en finansiële spiere betref, is bykans onontbeerlik.Die strategieë, taktieke en metodes is omvangryk en moet haarfyn beplan en geesdriftig ten uitvoer gebring word. Terugslae moet omskep word in welslae en toegewydheid is 'n ononbeerlike vereiste.

Makliker gesê as gedaan?

Nee, vir seker nie! Die huidige regering het met groot vrug van hierdie metodes gebruik gemaak. Ek weier om te aanvaar dat ons nie opgewasse is vir so 'n taak is nie. Ons land en die buiteland is vol wonderlike Afrikaners wat hierdie taak op verskillende wyses en met kundigheid kan verrig. Ons het reeds duisende vrywillige werkers in al die state wat saak maak! Wat ook kundiges is en van groot hulp kan wees om benaderingswyses te bepaal en selfs om toegang tot teikens te bewerkstellig.

Kan Praag nie asb die voortou neem en so 'n inisiatief aan die gang kry nie? Dit is myns insiens ons enigste hoop. 

Bismarck

установка радиаторов отопленияАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.