Vliegtuigwrakstuk soek

Deel op

Ondersoekers is op soek na ‘n gedeelte van die enjin van die SA Airlink-vliegtuig wat verlede maand in Durban neergestort het.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid, BLO, het Donderdag gesê hulle weet nie in watter stadium die enjindeel van die vliegtuig geskei is nie.

“Dit is moontlik dat iemand dit van die toneel verwyder het,” het die BLO in ‘n verklaring gesê.

“Om dié gedeelte op te spoor sal die ondersoekproses aanhelp.”

Dié gedeelte van die enjin is ‘n metaalskyf, die grootte van ‘n koeldrankblikkie met ‘n staaf wat aan die middel geheg is.

Die vliegtuig het Erfenisdag op ‘n skoolveld in die suide van Durban neergestort.

Kaptein Alistair Freeman en drie ander mense is ernstig beseer toe die vliegtuig kort ná dit opgestyg het, op ‘n skoolveld in Merebank neergestort het.

Freeman het Woensdag aan sy beserings beswyk.

 

set jewelleryтопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.