Is ons anders as Zim?

Deel op

Die eerste sarsie is afgevuur deur die minister van landbou: Die grond gaan moontlik op die Zimresep in die NSA herverdeel word, want daar is te min geld om die boere uit te koop. Goed, die toneel is geopen. My vraag aan elke Afrikaner in die besonder, en blanke in die breë, is watter rol speel ons in hierdie toneel?

Daar is twee moontlikhede: Ons volg die Zimboere se voorbeeld en word uiteindelik een vir een deur die gereg en regeringsmagte van ons plase af verwyder, want die boere het daar polities irrelevant geraak omdat hulle oor geen mag beskik nie. Hulle het die passiewe roete nagestreef in die hoop op medemenslikheid en regverdigheid in die tipies Engelse liberale filosofie.

Die tweede opsie vir die verloop van die verhaal is om weerstand te bied en eenvoudig te verseg om die plase op te gee. Iets soos toe die manne ingegrawe het rondom Radio Pretoria destyds toe die NP dit wou sluit. Die redelike gevolgtrekking van so ‘n optrede is dat dit gou die buitelandse aandag sal trek, maar ook dat dit lewens gaan kos. My vraag is: wie gaan voorloop, want dis hulle wat gaan bloei? Dink mooi daaroor! Hier kom hulle vir jou plaas met ‘n hofinterdik met of sonder ‘n weermag of polisiebegeleiding. Gaan jy vasstaan en die toetssaak skep en jou en jou vriende se lewe op die altaar plaas? My mening is stellig nie, tensy dit ‘n groter gesamentlike strategie is. As Afrikaners spontaan uit die stede begin om saam ons plase te verdedig teen onteiening en daar boonop ‘n moontlikheid van revolusie onder Afrikaners is teen die NSA onderdrukking, dan ja, vir seker. Dit is egter onwaarskynlik, en dus helaas sien ek ook hoe ek persoonlik dan maar druipstert my plaas oorhandig.

Dink mooi daaroor, want elkeen van ons met grond, gaan daardie besluit moet neem. Beplan nou, maar wees nugter en besef dat in die kleine, niemand van ons die staat op ‘n konvensionele manier kan aanvat nie.

самовыравнивающиеся смеси купитьОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.