Israel onderskep vliegtuig oor kernreaktor

Deel op

Die Israelse lugmag het Dinsdag straalvegters ontplooi nadat ‘n ligte vliegtuig dit in die verbode lugruim bokant die kernreaktor in die Negevwoestyn gewaag het, het die weermag bekend gemaak.

Die vegvliegtuie het die ligte vliegtuig onderskep en gedwing om by ‘n nabygeleë landingstrook te land. Die twee loodse is aan burgerlike owerhede oorhandig wat ‘n ondersoek sal doen, het ‘n vroulike woordvoerder van die weermag gesê.

Die polisie was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie, maar daar is in die Israelse media berig dat die twee mans, van Israel, gesê het dat hulle verdwaal het.

Vliegtuie word verbied om oor die reaktor naby die woestynstad van Dimona te vlieg.

Israel sê die reaktor is vir navorsingsdoeleindes, maar kenners meen dit is die sentrum van Israel se onverklaarde kernwapenprogram.

Hulle beweer dat Dimona gebruik is om ten minste 200 kernwapenkoppe te vervaardig.

 

free casino slotstopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.