Dít lieg jy mos, minister Ndebele!

Deel op

Ek wonder wat kwalifiseer ‘n ANC-kader om minister van vervoer te word? Is dit iemand wat al in ‘n taxi gery het of moet jy minstens oor jou eie blouligkonvooi beskik wat sy bes probeer om lukrake voetgangers van die gras af te maak?

Hoe dit ook al sy, die ANC se minister van vervoer, Sibusiso Ndebele, raak die volgende absurde snert kwyt in ‘n toespraak oor die Gautengse snelwegverbeteringsprojek: “For those sceptics that wonder what 2010 would mean for South Africa, it has delivered the most sophisticated infrastructure on the continent.”

Nee, ou kader-kapater, dit lieg jy mos en jy weet dit! Dit was g’n die sokker van 2010 nie. Dit was blanke ingenieurs en die blanke vorige regering wat die mees gesofistikeerde infrastruktuur in Afrika geskep het. Al wat die huidige snelwegverbeteringsprojek doen, is om paaie wat deur blankes ontwerp en gebou is, te verbreed. Dit gebeur terwyl die res van die land se padstelsel stelselmatig verkrummel. Hoeveel nuwe deurpaaie is onder die ANC-regime gebou? Jy en ek weet albei daar is nie een nie, meneer die ANC-kader. Was dit nie vir die blankes wat die infrastruktuur opgerig het nie, sou FIFA nie die Sokkerwêreldbeker aan Suid-Afrika kon toeken nie.

Die Gautengse snelwegverbeteringsprojek is ‘n projek soortgelyk aan die lapwerk wat in die USSR plaasgevind het. Die dag as ‘n minister in die Sowjet-Unie ‘n besoek kom aflê het, het hulle soms die bome langs die paaie groen gespuitverf om die algemene verval te probeer verbloem. Die Gautengse projek is insgelyks ‘n kosmetiese verandering aan ‘n paar hoofpaaie waarop die sokkerbesoekers sal ry, terwyl die res van die land se padstelsel al hoe swakker raak, omdat die ANC-regime die belastingbetaler se geld verkwis, steel en verduister. ‘n Paar ekstra bane gaan nie die probleem oplos nie. Dis ‘n blote uitstelling van die oordeelsdag wanneer die padnetwerk in duie gaan stort. Die publiek sal dit egter nie onmiddellik agterkom nie, omdat hulle paniekerig sal wees oor die tekort aan drinkwater wat ook deur die ANC-regime veroorsaak gaan word.

Die somtotaal van die ANC se “bydraes” tot Suid-Afrika infrastruktuur is om name van bestaande infrastruktuur na onbenullige “strugglehelde” (sic) soos Albertina Sisulu (die R21-snelweg) te herdoop. Ndebele en sy soort is veel eerder die parasiete en vernietigers van infrastruktuur en rykdom, die spreekwoordelike sprinkane wat alles opgebruik, plunder en steel, wat binne slegs vyftien jaar die beste elektrisiteitsverskaffer op die kontinent in Eksdom verander het, en gesorg het dat die riviere rioolslote word.

Dit sou veel meer feitelik wees om te sê die ANC-regime het die land met die heel beste infrastruktuur in 1994 op ‘n skinkbord ontvang, en dat hulle sedertdien hul bes probeer om dit ongedaan te maak.

купить вАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.