Swart golf kom

Julius Malema
Deel op

Pres. Jacob Zuma het die ANC se beleid van nie-rassigheid verdedig in ’n onderhoud met ’n Engelse dagblad. Hy het gesê ’n debat oor ras is onnodig. “Ons moet nie-rassigheid bevorder. As ons begin sê ‘kom ons praat oor ras’ dink ek ons is besig om agteruit te boer”.

Hy het egter vir Julius Malema, die ANC-jeugleier wat in sy uitsprake net op ras konsentreer, in die bres getree: “Hy is jonk en hy leer nog.”

Malema het onlangs Zuma se keuse van ministers van ekonomiese sake op grond van die feit dat hule nie swart is nie, gekritiseer.

Malema aan joernaliste gesê: “Ons [swartes] kan nie net tot die poste wat met veiligheid verband hou, beperk word nie terwyl die minderhede die belangrike kwessies van die ekonomie hanteer nie.” Hy het Gill Marcus as die nuwe president van die Reserwebank uitgesonder.

“Die ministers van polisie, intelligensie en justisie – hulle is almal Afrikane. Maar in die ekonomiese portefeuljes is hulle almal uit minderhede”.

Malema het na ministers Pravin Gordhan (finansies), Ebrahim Patel (ekonomiese ontwikkeling) en Rob Davies (handel en nywerheid) verwys .

Malema het gesê “Afrikane is ook bevoeg om strategiese poste in die ekonomiese portefeuljes te beklee”.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het die rasaangeleentheid twee weke gelede bespreek en Malema het ondersteuning gekry van ministers Nathi Mthethwa (polisie) en Lindiwe Sisulu (verdediging), asook die voormalige ANC-hoofsweep Tony Yengeni.

 

игр детскиеФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.