Eskom wil meer gratis elektrisiteit uitdeel

Deel op

Eskom wil volgende jaar die basiese gratis-elektrisiteitstoelaag aan arm huishoudings van 50 kW tot tussen 70 en 100 kW verhoog, het mnr. Jacob Maroga, uitvoerende beampte van Eskom, vandag gesê.

“Die huidige gesprekke gaan oor ’n verhoging van tot 70 of 100 kW,” het Maroga gesê.

Hy het gesê dat Eskom dié voorstel in sy tariefverhogingsaansoek vir aanstaande jaar ingesluit het, wat hy by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aan die einde van September ingehandig het.

Maroga het geweier om die tariefverhoging waarvoor Eskom aansoek gedoen het vir volgende jaar bekend te maak, en gesê dat dit slegs openbaar gemaak sal word sodra die land se 283 munisipaliteite oor die aansoek kommentaar gelewer het.

джемперы и свитеры для мальчиков купитьОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.