Wêreldbank se geld raak op

Deel op

Die Wêreldbank, wat gewoonlik steun aan arm lande verleen, moes soveel kontant uitdeel ná die globale finansiële krisis dat dit ‘n tekort vir nuwe projekte oor die volgende 12 maande ondervind.

“Teen die middel van aanstaande jaar gaan ons ernstige beperkinge ervaar,” het die voorsitter van die Wêreldbank, Robert Zoellick, gesê tydens die loodsing van ‘n groot veldtog om ryk lande te oortuig om nog meer geld aan die instelling in Washington oor te betaal.

Hy het toegegee dat so ‘n taak baie moeilik is, gegewe die probleme wat lande tydens die ontwikkelde wêreld se grootste resessie sedert die Tweede Wêreldoorlog in die gesig staar.

Hoewel die bank oor genoeg kontant beskik om bestaande projekte en daaglikse bedryfsuitgawes te befonds, het die globale ressessie soveel ekstra behoeftes van die arm lande geskep dat dit moontlik ekstra bydraes van ryk lande nodig gaan hê om sy balansstaat te verstewig en om aan sulke behoeftes te voldoen.

Mnr. Zoellick, wat by die IMF en die Wêreldbank se jaarvergaderings in Istanboel gepraat het, het gesê die bank het ‘n kapitaalvermeerdering van $3 tot $6 miljard nodig, hoewel sommiges die uiteindelike kapitaalbehoefte nog hoër beraam.

Hy het die hoop uitgespreek dat aandeelhouers, waaronder Brittanje en ander nywerheidslande, ‘n besluit sou neem voor die Wêreldbank se vergadering aanstaande jaar in April.

Die geld sal verdeel word tussen die Internasionale bank vir heropbou en ontwikkeling – die sleutelgedeelte van die bank wat aan arm lande geld leen – en die Internasionale finansieringskorporasie (Engelse afkorting IFC), wat aan maatskappye leen.

Mnr. Zoellick het gesê: “Ons erken dat alle lande onder begrotingsdruk verkeer en dat dit nie ‘n maklike tyd is om vir dié dinge te vra nie.” Hy het gesê dat die tekort aan kontant vir die IFC veral kommer wek en het bygevoeg: “Want een van die kwessies tydens dié ekonomiese herstelproses is die oordrag van regeringstimuleringsprogramme na privaatsektorontwikkeling.”

Tekenend van die Wêreldbank se probleme is dat sy driejaarbestedingsprogram van $100 miljard, waartoe hy hom verlede jaar verbind het, nie toereikend gaan wees om in die vraag van sukkelende ekonomieë te voldoen nie. Die grootste gedeelte van dié geld is reeds uitgegee om die oorlewing van die “mees kwesbare lande” te verseker.

зарядное устройстволобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.