Misdaadtsoenami voel soos oorlog

Deel op

In 30 Junie se uitgawe van Rapport is daar 'n berig wat lui: Misdaadskok wag op Suid-Afrikaners wanneer die polisie die jaarlikse misdaadstatistiek vandag (Dinsdag 3 Julie) bekend gaan maak. Die berig sê verder dat in sommige gebiede die huisrooftogsyfer met 100% gestyg het, en word deur mnr. Hennie Van Rooyen, 'n regspraktisyn wat opleiding plaaslik en internasionaal vir speurders aanbied, as 'n nasionale krisis beskryf.

Deel op

Dié statistieke waarvan gepraat word, gaan deur ons gesin beslis nie as 'n "skok" ervaar word nie. Ons is woonagtig in een van die genoemde gebiede waar dit so dramaties gestyg het, en ons gesin self een van die slagoffers van die geweldtsoenami geword het.

Dit het my laat dink oor sommige oningeligte en apatiese opinies wat ek op hierdie en ander Afrikaanse forums lees. 'n Tendens wat ek sien is dat persone wat in minder gewelddadige, of minder misdaadgeteisterde gebiede woonagtig is, nie dieselfde ervarings het nie, en dus nie die erns van die bedreiging eerstehands beleef nie. Dit is sekerlik heel normaal, maar ek wil tog graag 'n beroep op mede-Afrikaners rig wat in dié gelukkige omstandighede of in die buiteland woonagtig is, om te besin oor die erns van die saak.

Die koerante en statistieke skets eenvoudig nie die ware stand van sake nie. Eergister, ongeveer anderhalf week na die vierde inbraak by ons, was 'n familielid van my wat so 300 meter van ons woonagtig is, die slagoffer van gewelddadige huisbraak. Die vorige nag is sy bure ook aangeval en die jong dame verkrag, waaroor daar beriggewing in die plaaslike koerant was. Met die aankoms van die polisie, 9-uur daardie oggend, het 'n konstabel hom ingelig dat dit teen daardie tyd die 26ste inbraak die week was wat aangemeld is in ons omliggende omgewing. Dit is 26 huisaanvalle in 4 of 5 dae!

Ons ervaring is een van konstante vrees, magteloosheid, frustrasie en somtyds woede. Goedere en geroofde besittings kan vervang word, maar nie lewens nie. Dit voel of ons in 'n staat van oorlog lewe, 'n  oorlog wat teen ons woed, dag en nag, die enigste probleem is net: dit is 'n terreuroorlog met 'n gesiglose vyand. Een wat in skaduwees skuil en jou en jou geliefdes oorval en uit 'n droom kom ruk met pistole teen die kop, jou lewe in 'n nagmerrie verander en daarna, selfoon in die hand, tussen die massas verdwyn asof dit nooit gebeur het nie.

для пескоструйкиЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.