Keiserslaai

Deel op

{jathumbnail off}

Soet slaaiblare smaak die lekkerste in hierdie slaai. Probeer romaine of botterslaai: Een kop, vars en goed afgespoel vir vier mense.

Kook vier eiers, net matig, nie te hard nie, en sny in kwarte. Braai twee snye wit brood wat in blokkies gesny is in olyfolie en ‘n toontjie knoffel tot bros en goudbruin.

Rangskik die gebraaide broodblokkies en eierkwarte oor die slaai. ‘n Paar Parmesaanskaafsels bo-oor, en die slaaibord is gereed vir ‘n romerige sous.

Gebraaide spek of okkerneute is ook ‘n opsie.

Daar is talle variasies op die tema van Keiserslaaisous, soos die klassieke emulsie met suurlemoen, oyfolie, ansjovisfilette en eier. Die maklikste is ‘n sous van suurlemoen en olyfolie met ‘n paar druppels Worcestersous en Tabasco vir smaak daarby. Rangskik ‘n paar ansjovisfilette oor die slaai ipv in die sous.

Geniet!

 

 

 

воронеж техноОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.