Franse presidentspaar speel op die net

Deel op

Die presidentsvrou van Frankryk, Carla Bruni-Sarkozy, het Maandag ‘n webwerf geloods waarop sy haar liefdadigheidswerk sal bekendstel asook sal gesels oor haar lewe saam president Nicolas Sarkozy.

Bruni, wat reeds ‘n bekende sangeres was voor sy met die president getrou het, het ook ‘n webwerf waar sy haar sangloopbaan bemark.

Haar nuwe webtuiste fokus op drie spesifieke temas, naamlik haar liefdadigheidsorganisasie in Frankryk, haar werk as ambassadeur vir die Global Fund to Fight Aids, asook haar lewe as presidentsvrou.

Sekondes nadat die webtuiste geaktiveer is, is dit oorval met besoekers en moes dit tydelik gesluit word.

Die bekendstelling van Bruni se webtuiste kom kort nadat haar man bekendgemaak het dat hy sy land by die komende klimaat-konferensie in Denemarke op hoogte sal hou van gebeure, met die hulp van Twitter.

Sarkozy het reeds sy eie Facebook-profiel.

 

купить диагностический адаптерДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.