Hlope trek appèlsaak terug

Deel op

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, sal die appèlsaak wat hy in die konstitusionele hof hangende gemaak het, terugtrek.

Die appèl spruit uit ’n klag wat twee regters van die konstitutionele hof, Bess Nkabinde en Chris Jafta, by die Regterlike Dienskommissie (RDK) teen Hlophe gelê het.

Nkabinde en Jafa het Hlophe in Mei verlede jaar daarvan beskuldig dat hy hulle verkeerdelik probeer beïnvloed het in die destydse hangende uitsprake rakende die korrupsiesaak teen pres. Jacob Zuma.

Hlophe het op sy beurt ’n klag van menseregteskending teen die regters gelê. Die regterpresident het gesê die twee het sy regte geskend deur hul klag in die publiek bekend te maak sonder om hom eers kans te gee om homself te verdedig.

Lister Nuku, Hlophe se prokureur in die saak, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Barnabas Xulu, wat die regterpresident ook in die saak verteenwoordig, het egter Maandag bevestig dat Hlophe die appèl gaan terugtrek.

“Hlophe is vrygespreek (van die aanklag teen hom) en meen die saak moet tot ’n einde kom,” het Xulu gesê.

Die saak het reeds voor die appèlhof verskyn en sou op 17 November in die konstitusionele hof voorkom.

 

или поршневойtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.