ANC-minister dreig met ‘grondhervorming soos in Zimbabwe’

Gugile Nkwinti
Deel op

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het oor die naweek gedreig dat grondhervorming na die Zimbabwiese model in Suid-Afrika toegepas gaan word.

Nkwinti het op Vryheid in Kwazulu-Natal gesê: “Ons het gesien wat in Zimbabwe gebeur het, dit gaan hier gebeur omdat grond ‘n sleutelkwessie tydens bevryding is.” (In die oorspronklike Engels het hy gesê: “We have seen what happened in Zimbabwe , it will happen here because land is a key question in liberation.”

Die adjunkminister van landbou, dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus, het met onsteltenis gereageer en dit in ‘n verklaring as “onverantwoordelik” bestempel. Volgens Mulder skep so ‘n uitspraak “groot onsekerheid in die landbougemeenskap”.

Nkwinti het ook daarna verwys dat die regering nie oor genoeg geld beskik om grond by boere te kan koop nie en dat grondhervorming daaronder lei. Volgens Mulder is “die onafwendbare afleiding wat hieruit deur die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap gemaak word, dat die Minister Zimbabwe-tipe grondhervorming onbewustelik aanmoedig. Dit is tot niemand in Suid-Afrika se voordeel nie.”

Die Vryheidsfront Plus-leier het voorts gesê: “Omdat onsekerheid oor grondhervorming reeds voedselsekerheid in Suid-Afrika bedreig, maak uitsprake soos hierdie dit moeiliker en nie makliker nie om die samewerking van kommersiële boere te kry. Dit word as ’n verskuilde dreigement en afpersing deur die boere ervaar.”

By dieselfde geleentheid het die Minister sy bekommernis uitgespreek oor die honderde plase wat onproduktief is na hulle aan nuwe eienaars oorgedra is.

Navrae deur praag.co.za aan die ministerie is tot dusver onbeantwoord gelaat. Die minister het van persoonlike assistent verander en ‘n woordvoerder van die departement, Elton Green, was nie beskikbaar nie.

uk casino gamesАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.