‘ANC-jeugliga bedreig rasseharmonie’

Deel op

Die VF Plus gaan ‘n regsmening formuleer op grond van die ANC se partygrondwet en ANC-beleidsdokumente waarvolgens Malema en die jeugbestuur duidelik ANC-reëls oortree en binne die ANC se strukture aangekla behoort te word. Dit sal aan die ANC se leierskap voorgelê word vir verdere aksie, by gebreke waarvan die VF Plus die ANC-jeugliga by die Menseregtekommissie gaan aankla vir haatspraak en aanhitsing van rassisme.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêrewoordvoerder oor sport, is dit nou nodig om nie net Malema nie, maar die hele jeugbestuur in die naam van vrede en rasseharmonie in Suid-Afrika, formeel te dissiplineer. Trouens, indien president Zuma bereid is om van swak burgemeesters en ander amptenare ontslae te raak, soos hy al gedoen het, hoeveel te meer sal dieselfde dissipline nie van toepassing wees op sy eie jeug nie? Daarom beroep die VF Plus hom op die ANC-leierskap om hulle jeuglede in lyn te bring met president Zuma se beleid van versoening as ‘n toets vir die erns wat die ANC hiermee het.

Die VF Plus-reaksie volg op uitsprake van mnr. Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, wat volgens Rapport gesê het dat die meeste wit mense rassiste is en dat hulle nie die oorwinning van Caster Semenya vier nie omdat sy nie wit is nie. Hy voeg hiermee sy uitsprake by dié van Malema wat deurlopend nog rondom die voorval agterdog en verdeeldheid saai en rassepolarisering aanstig.

“Hitler het voor die Tweede Wêreldoorlog voortdurend rassistiese uitsprake teenoor die Joodse minderheid gemaak wat as onskuldige propaganda afgemaak is. Uiteindelik het dit gelei tot sy formele program van etniese uitwissing. Daarom kan hierdie rassistiese uitsprake teenoor die wit minderheid in Suid-Afrika nie ligtelik afgemaak word nie,” volgens adv. Alberts.

“Wit mense in Suid-Afrika raak al hoe meer bekommerd oor die roekelose uitsprake van die ANC-jeug en begin al hoe meer onveilig voel. Die klanke wat hierdie jongmense maak, lyk al hoe meer soos die amptelike uitsprake van die ANC self en dit is nou tyd vir die ANC om duidelik en ferm aan te dui wat hulle standpunt oor die plek van wittes in Suid-Afrika is. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die meeste wittes nie rassisties georiënteerd is nie, maar dat daar wel ‘n wit/swart-polarisering begin opbou onder die oënskynlike leierskap van Malema en sy juigkommando,” volgens Alberts.

купить ролики украинаФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.