Die swakste vertoning

Deel op

Rio de Janeiro sal die 31ste 2016 Olimpiese Spele aanbied, nadat die stad ‘n wegholoorwinning oor Madrid behaal het in die laaste en finale rondte van die stemmery Vrydag.

Die Internasionale Olimpiese Komittee het algar verbaas by die Bella Convention Centre deur die gunsteling Chicago in die eerste rondte uit te stem, ten spyte van president Barack Obama se intense persoonlike veldtog om die bod te wen.

Tokio het tweede in die slag gebly en in die laaste rondte is Rio, die eerste Suid-Amerikaanse stad, met 66 stemme teen Madrid se 32 gekies.

Carlos Osorio, die algemene sekretaris van Brasiliaanse bod, was ‘n paar sekondes lank na die aankondiging sprakeloos. Hy het daarna aan Reuters gesê: “Oorweldigend, skouspelagtig, ongelooflik.”

Brasilië sal ook in 2014 die Wêreldbekersokkertoernooi aanbied. President Luiz Inacio Lula da Silva was in trane oor die aankondiging.

“Ons gaan minder moet slaap, meer dink en meer werk,” het hy gesê.

Spaanse eerste minister Jose Luis Rodriguez Zapatero het Rio geprys en gesê dis ‘n grootse stad.

Nie Michelle Obama se teenwoordigheid of haar man se toespraak voor die IOK kon hond haaraf maak nie en Chicago het heel laaste geëindig.

Obama se soms kinderagtige manewales tuis om die Olimpiese bod te probeer wen, soos sy Star Wars-swaardgeveg voor die Withuis in die tuin, het ook heelwat kritiek uitgelok.

 

casino sites noлобановский александр дети

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.