Suzuka behoort aan Vettel

Deel op

Die 22-jarige Duitser het gister weer bewys dat hy moontlik een van die nuwegeslagsupersterre kan wees wat in die nabye toekoms groot name soos Ferrari of Brawn se teiken kan word. Vettel het van meet af aan voor gejaag en niemand kon hond haar af maak teen die Duitser in sy Red Bull-renmotor nie. Dit was kompleet soos hulle slagspreuk ook sê: hy het in Sondag se wedren vlerkies gehad.

Die baan was droog en dit was bes moontlik ook die rede waarom die Italianer Jarno Trulli tweede onder die blokkiesvlag deur gejaag het. Trulli se Toyota het ook bewys dat daar nie regtig iets met die Japannese motor skort nie; dit gaan dalk net meer oor die bestuurder van die Japannese motor. Die huidige wêreldkampioen Lewis Hamilton was derde in sy Mclaren Mercedes. Die Brit Jenson Button het net een plek agter sy Brawn-spanmaat Rubens Barrichello geëindig.

Button kon nie die vyf punte wat hy gekort het om die titel te wen, aanteken nie. Die puntestand ná die Japannese Grand Prix is dan Button 85, Barrichello 71 en Vettel 69.

какое пуско зарядное устройство выбратьлобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.