Swart kapitalisme: apartheid se skuld?

Deel op

Mens besef nie aldag wat die werklike omvang van die verandering was wat na 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het nie. Benewens die magsoorgawe het Suid-Afrika se westerse rassekapitalisme ook begin plek maak vir ‘n revolusionêre swart kapitalisme. Om die swart kapitalisme van Suid-Afrika te verstaan moet mens verstaan hoe swart nasionaliste wit rassekapitalisme verstaan.

NUUT!

Na Uniewording was Suid-Afrika se ontluikende wit rassekapitalisme ‘n voortvloeisel van Groot Brittanje se imperiale kapitalisme, wat aanvanklik die hoofdryfveer van haar vloot en militêre vermoeëns was. Tot en met die Tweede Wêreldoorlog was Suid-Afrika bloot ‘n koloniale mark vir Britse uitvoere en moes dit so bly. Groot Brittanje het nooit geskroom om haar vloot en leër te gebruik om Britse belange uit te brei nie en het volke regoor die aardbol met geweld onderdruk.

Gesien vanuit die perspektief van swart Afrikane was hierdie stelsel as die wese van kapitalisme beskou. Dit was hierdie juk waarvan hulle ontslae wou raak en die meeste oudkolonies het kommunisme as werkbare alternatief beskou, omdat dit perfek inpas by hul oeboentoe ingesteldheid – die regering moet vir alles sorg.

Maar die westerse kapitalisme, wat individualiteit en skeppingsvermoë beloon, het tot die industriële revolusie aanleiding gegee. Tragies genoeg, het Afrika se kolonies daardie revolusie vir inherente sosiopolitieke redes misgeloop. Daardeur het hulle die geleentheid verbeur om geskooldheid in tientalle ambagte aan te leer. Vanweë die dominante politieke en ekonomiese rol van Afrikaners, met hul westerse ingesteldheid, was Suid-Afrika dus die uitsondering in hierdie opsig.

Veertig jaar na die Anglo Boereoorlog het ‘n stelselmatige verandering ingetree toe etniese Afrikanerkapitalisme saam met Afrikanernasionalisme ontstaan het. Die eerste krake in Britse imperiale kapitalisme in Suid-Afrika het gekom met die vestiging van Yskor wat destyds op hewige debatte uitgeloop het. Gedurende die daaropvolgende dertig jaar is dit opgevolg deur nog Yskors, Eskom kragsentrales, Sasols, Foskor om maar enkeles te noem.

As alternatief vir kommunisme is die momentum wat deur die vorige veertig jaar opgebou was behou, maar met nuwe rolspelers. Moderne swart nasionalisme is dus in 1994 in Suid – Afrika gebore. Aanvanklik was die ANC se gedagte dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) nie ‘n bedreiging vir wit sakebelange sou wees nie. Onder die Mbeki bewind het hierdie ekonomiese strategie egter verander na die skep van ‘n swart kapitalistiese elite, gevoed deur ‘n opwelling van swart nasionalisme – baie dieselfde as Afrikanerkapitalisme van vorige dekades.

Hul ideologie van ’n nasionale demokratiese revolusie word deur hulle as produktief en patrioties beskou wat kwansuis tot almal se voordeel sal strek. Suid – Afrika se korporatiewe kapitaalgoeroes deel inderdaad daardie siening en wedywer met mekaar om die illusie te skep van ‘n westerse kapitalisme met swart gesigte.

Maar daar is reeds baie tekens van ekonomiese verval, swak bestuur, gebrek aan beplanning en basiese vaardighede, korrupsie en swart nepotisme. Die patriotiese aard van swart kapitalisme staan in sterk kontras met die inherente parasitisme daarvan.

In ‘n land soos die VSA, waar swart mense ‘n minderheid is, het swart kapitalisme as klein besigheidjies ontwikkel. In Suid – Afrika manifesteer dieselfde neiging in die Taxi – bedryf, spaza winkels en agterplaas werkswinkels. In sulke bedrywe word standaarde nie juis toegepas nie en ‘n omgewing van semi – isolasie word geskep wat ‘n mate van beskerming, sekuriteit en selfvertroue bied. Idealiste glo dat dit die rigting moet wees waarin swart kapitalisme moet ontwikkel, vandaar die tientalle aansporingsmaatreëls van ondermeer die NOK en ander.

Maar die politici glo anders. Hulle verkies die ekonomiese integrasie wat tans plaasvind en wat ‘n splinternuwe paradigma skep. Deur blankes se bates en poste aan swartes te gee, ontstaan ‘n politieke kitsoplossing, hoewel dit op ‘n ekonomiese ramp afstuur. Die totaliteit van die nuwe eienaars en posbekleërs, dws, hul ekonomiese oriëntasie, tegniese vaardighede,gebrek aan ervaring en oeboentoe benadering is nie geslyp om ‘n komplekse westerse ekonomie te ontwikkel of in stand te hou nie.

Hierdie stelling mag as rassisties beskou word, maar hoe kom mens verby al die mislukkings soos dienslewering van die polisiediens, gesondheidsorg, onderwys, afskaffing van die tuisland ontwikkelingskorposasies, plaaslike owerhede, mislukkings soos die Landbank, SAUK, en baie ander voorbeelde te veel om op te noem?

Hoe dieper die nuwe swart kapitalisme homself in die ekonomie van die land inwurm, hoe groter bestaan die moontlikheid van ‘n totale ekonomiese ineenstorting, want formele eienaarskap is nog lank nie volledige entrepreneurskap nie. Waar daar in die jare negentig ‘n minimalistiese siening van swart deelname aan die ekonomie was, bestaan daar nou ‘n maksimalistiese siening, ‘n aspirasie van vinnig ryk word.

Diegene buite die stelsel wat nie aan die huidige plundertog kan deelneem nie, word aangevuur om hulle tot geweld en misdaad te wend.

Dalk is dit tog apartheid se skuld dat die land vandag geplunder word. Vanweë die rassekonotasie van apartheid was die swart inwoners van die land nie voorbereid op ‘n liberale demokrasie wat deur FW de Klerk se mense onderhandel was nie, maar vir ‘n stelsel waar mense van kleins af in rasterme dink en handel.

 

 

bananasФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.