‘G’n Boer gaan my ondermyn nie’

Deel op

Regter Nkola Motata het toegegee dat hy op die aand van sy ongeluk gedrink het, het die Star Maandag berig.

Hy het die erkenning gemaak in antwoord op die klag wat Afriforum by die Geregtelike Dienskommissie gelê het.

“Ek was by ‘n restaurant in Randburg saam met my kollegas waar ons aandete gehad het. Ek het om 7uur by die restaurant aangekom. Terwyl ons geëet het, het ons ‘n bottel wyn uitgedrink waartydens elkeen van ons twee glase gehad het,” het die regter gesê. Hy het bygevoeg dat hy ‘n koppie koffie daarna gehad het voordat hy huistoe gery het.

Motata is van dronkbestuur aangekla nadat hy in Januarie 2006 deur die erfmuur van ‘n huiseienaar in Sandton, Richard Baird, gejaag het.

Hy het onskuldig op die aanklag gepleit en aan ‘n joernalis van die Sunday Times gesê “Ek was hoegenaamd nie dronk nie… Ek het saam met een van my kollegas daardie aand tee gedrink”.

Die klag wat Afriforum by die GDK gelê het is gebaseer op ‘n opname wat Baird die aand van die ongeluk gemaak het.

Daarop kan duidelik gehoor word hoe Motata sê “Geen Boer gaan my ondermyn nie… Dit was die witman se land, selfs as hulle nog grond kan kry… Suid-Afrika is ons s’n, ons regeer Suid-Afrika.

Die burgerregteorganisasie het Motata aangekla van “rassistiese optrede”.

In sy antwoord aan die GDK sê Motata hy was verkeerd aangehoor en hy het eintlik gesê: “Ja, maar julle weet my broers en susters, laat ek julle vertel, vir die meeste van ons is dit ons land en nie net vir die witman nie. Selfs al het hulle groot lywe, is Suid-Afrika ons s’n.”

In die opname sê Motata aan die polisielede op die toneel: “Daar is geen Boer wat my sal ondermyn en aftakel nie. Hy moet ophou om my te verpes oor sy muur.”

Motata sê egter hy het gesê: “Selfs al het ek die muur omgery, sal ek betaal, maar hy moet my nie aftakel/afkraak nie. daar is geen witman wat my kan aftakel/afkraak nie.”

Motata sê in sy verweer dat die Sothowoord “leburu” wat “Boer” beteken, ‘n algemene term vir alle wit mans is.

“Dit is normaal om na ‘n witman as leburu in Sesotho te verwys.”

“Daarom betwis ek die aantyging dat ek ‘n rassis is en dat dit nodig is dat ek aan enige ondersoek onderwerp hoef te word,” het hy in sy antwoord gesê.

 

бурениеФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.