Zindzi Mandela die slagoffer van blanke rassis

Deel op

Die Sunday Times berig dat Zindzi Mandela, die dogter van Sint Mandela en Winnie, daardie bekende kinderliefhebber en iemand wat nooit daarvan sal droom om bedrog te pleeg nie, vervolg word deur ‘n onredelike blanke rassis.

Sint Zindzi se vervolger heet Michelle Cathrall, ‘n sakevrou wat haar huis in Saxonwold aan Mandela verhuur het. Me Cathrall, ‘n Engelse liberaal, te oordeel aan beide die buurt en haar van, het dit aanvanklik as ‘n eer bekou dat Zindzi Mandela juis in haar huis sou bly. Sy het dit sekerlik oorweeg om die swembadnet te verwyder ingeval Zindzi miskien op die water wou loop.

Cathrall het egter van meet af aan rassisties opgetree deur te verwag dat die kind van twee goddelikes huur sou moes betaal. Blankes maak maar so, en dit was waarskynlik nie doelbewus aan me Cathrall se kant nie. Blankes koester dikwels onredelike verwagtinge van heiliges, soos dat hulle volgens standaarde wat ons aanvaarbaar vind, maar wat eintlik uitheems en Eurosentries is, moet optree. Besef me Cathrall nie dat heiliges soos die Mandelas inherent nie in staat is tot die bose nie? Zindzi se pa se goedkeuring van die Kerkstraatbom en sy singery van “Kill the Boer” was byvoorbeeld eweneens die skadelose optrede van ‘n heilige, met diep geestelike betekenis.

Toe Zindzi Mandela “struggleboekhouding” (ook ‘n aanvaarbare praktyk mits jy swart is) toegepas het en versuim het om sowat R70 000 aan huur te betaal, het me Cathrall se Ku Klux Klan-onderrok begin uithang, en het sy ‘n hofgeding in die witmanshowe teen Mandela ingestel. Nie net verwag me Cathrall op rassistiese wydse dat Zindzi huur moet betaal nie, maar kla sy byvoorbeeld oor die sogenaamde skade wat me Mandela glo aangerig het aan die huis, wat volgens me Cathrall sowat R386 000 beloop. Antieke meubels is beskadig deur water en hitte. Verf is van die mure afgeskraap, en duur teëls het onherstelbare krapmerke.

Weer eens toon me Cathrall dat sy geen begrip het vir die inheemse kultuur nie. Dit is onbekend hoe antieke meubels binne die huis hitteskade opgedoen het, maar is dit nie so dat die inheemse bevolking in die verlede vure binne-in hul stroois gemaak het, onder andere om muskiete weg te hou nie? Ek is persoonlik geskok dat me Cathrall so kultureel onsensitief kon wees om nie waardering te toon dat me Mandela moontlik so getrou aan haar eie kultuur kon bly nie.

Sint Mandela junior het ook ‘n bed, twee lessenaars, ‘n tuimeldroër, ‘n bank, ‘n kas asook heelwat linne bevry tydens ‘n regstellende-inkopie-ekspedisie. Weer eens toon me Cathrall haar onbegrip deur haarself hieroor te wil opwerk. Verstaan sy dan nie dat Zindzi haarself bloot hierdeur bemagtig het nie, en dat haar optrede in wese niks anders is as SEB op ‘n kleiner skaal nie?

Dit is vir my duidelik wat me Cathrall te doen staan. Sy moet ongetwyfeld daardie huis in Saxonwold in ‘n museum verander, verbrande meubels en al. Sy moet die prokureursbriewe raam en uitstal as ‘n herinnering daaraan hoe swart heiliges deur blanke rassiste vervolg word. Me Cathrall moet dan die deure van die museum oopgooi sodat haar liberale, blanke bure ook met verbystering die heilige grond wat eers deur Zindzi Mandela bewoon is, kan betree.

(Saxonwold is terloops in die noordelike voorstede van Johannesburg, nie ver van Houghton af nie. Me Cathrall was sekerlik een van die einste noordelikevoorstedeliberale wat voorheen vir Helen Suzman gestem het. Me Cathrall is stellig nou genees van haar liberalisme. Miskien moet ons vir haar ‘n HNP-aansoekvorm stuur…)

Lees ook Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

100 fun gamesФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.