Wie is ons?

Deel op

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) is nie-regeringsorganisasie (NRO) wat hom spesifiek vir die belange van etniese Afrikaners beywer, asook die taal en kultuurbelange van alle Afrikaanssprekendes.

Deel op

Die aksiegroep is in Februarie 2000 gestig en kort daarna geregistreer as ‘n artikel 21-maatskappy sonder winsbejag.

Die twee persone wat aanvanklik die leiding geneem het, was Dan Roodt en Carel van der Merwe. Die webwerf is aanvanklik deur Carel geborg, en hy het ook T-hemde laat druk. Ander persone wat tot dusver ‘n prominente rol in PRAAG gespeel het, is Johann Wingard, Ernst Marais, Karin Roodt, Kas Landman, Leendert van Oostrum en Lydia van Eeden. PRAAG het baie ondersteuners in Suid-Afrika, maar ook elders ter wêreld in Vlaandere, Australië, Engeland, Kanada en Amerika.

Meer en meer vervul PRAAG die rol van ‘n buite-parlementêre beweging wat stry vir Afrikanerregte binne die vyandige omgewing van die nuwe Suid-Afrika waar Afrikaners vanweë hul getalleminderheid dikwels die knie moet buig voor getalryker etniese groepe soos die Xhosas en Zoeloes wat die Suid-Afrikaanse politiek oorheers.

PRAAG is ten gunste van nie-gewelddadige optrede om taal- en rassediskriminasie teen Afrikaners te stuit. Die enigste manier om vrede in Suid-Afrika te verseker is om kulturele outonomie toe te staan aan alle etniese en taalgroepe wat daarom vra.

 Sluit nou aan by PRAAG!

play slots freeАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.