{jathumbnail off}
ons stede rafel uit langs die nate
die verkeersligte is weer buite werking,
terwyl hoofstrate uitval
in gate
bloed vlek die grond van plase
waar mielies en koring moet groei
daar is graffiti teen tuynhuys se mure
en in woonbuurte moet vroue met hul eggenotes stoei
: kyk hoe word ons grondwet verkool
in begrafnisvure
uiteindelik
kry ek inbrekers se spore ook
in my huis,
en die hand waarmee ek groet
word
‘n vuis