Die ANC kort ‘n Perikles

Perikles se bekende redevoering in Athene, meer as 2500 jaar gelede, het vir toekomstige geslagte, een van die paaie van versoening aangedui.

Die eienskap wat ek die meeste by die ANC-leiers en in swart geledere mis, is wyse manne, hulle wat reeds oud is met geen persoonlike ambisies nie en bewese suksesse in hul privaatlewens. Verder moet hulle reeds welaf wees, voordat hulle in die politiek belangrike poste mag beklee. En dan moet hulle ‘n passie hê om Suid-Afrika ‘n beter plek vir al sy inwoners te maak, Afrikaners ingesluit.

Met hierdie eenvoudige benadering, het die Romeinse Ryk vir meer as 400 jaar lank, meer as ‘n derde van die wêreld se bevolkings geregeer.

Maar die huidige vlak van arrogansie, de jure-rassisme en minagting vir Afrikaners se geskiedenis en nasionale identiteit, verteenwoordig die heersende waardestelsel by die ANC en sy ondersteuners. In hul gebrek aan waardering en sensitiwiteit vir hul onderdane, wat ons geword het, is hulle min of meer 2 500 agter die blanke beskawing.

Die huidige debatte rondom rassisme dui nie op ‘n slegte huidige verhouding tussen die twee kampe nie, maar eerder op ”n baie slegte begin vir die ANC se politieke heerskappy oor die Afrikaners. In die beginfase van enige nuwe verhouding, bepaal die wen van vertroue meer as 40% van die verhouding se latere sukses.

Die ANC het tot op hede geen erkenning aan die Afrikaners se bydrae tot die totstandkoming van Suid-Afrika verleen nie. Nie net dit nie, maar hy vernietig ook stelselmatig die Afrikaners se trotse geskiedenis.

En dit is presies hierdie tipe kulturele arrogansie van die ANC teenoor die Afrikaners, wat die Amerikaners die oorlog in Viëtnam laat verloor het, en hulle tans laat swaar trek in die oorloë in Afghanistan en Irak. Die ANC het weliswaar in 1994 die nuwe regering geword vanweë die geslepe kommunistiese onderhandelaars in sy geledere, maar die hy is besig om die vrede te verloor.

In Afghanistan is daar één stam, die Pasjtoens, wat die hele streek se houding teenoor die Amerikaners bepaal en Afghaanse militêre suksesse verseker.

Tydens die Peloponnesiese oorloë tussen Athene en Sparta, sowat 400 jaar voor Christus, was gebalanseerde en gekultiveerde redevoering aan die orde van die dag.

Die ANC-leierskap kom ‘n Perikles kort wat die Afrikaners se vertroue kan wen.

Die Atheners het ‘n jaarlikse gebruik in die winter gehad om die eerste soldate wat in die oorlog gesneuwel het in die openbaar te begrawe. Nadat die soldate se oorskotte ter aarde bestel is, maak ‘n man wat gekies is vir sy intellektuele gawes en algemene reputasie ‘n toepaslike toespraak ter ere van die dooies. Dit was die reël tydens al dié begrafnisse.

Tydens een so ‘n begrafnis, is Perikles gekies om die jaarlikse toespraak te maak. En Perikles se begrafnisrede het seker een van die beroemdste toesprake in die geskiedenis geword, omdat dit erkenning gegee het aan die ander wat lank voor jou, jou eie nessie waarin jy so snoesig is, uitgeveer het.

Indien die ANC ‘n swart Perikles in hulle geledere kan vind, kan hy dalk by die volgende groot Afrikanerbyeenkoms soos Geloftedag ‘n versoenende toespraak maak met die volgende inleiding: “Ek sal begin deur te praat oor ons voorvaders, die Afrikaners en die Voortrekkers, want dit is net gepas en reg by so ‘n geleentheid om eer aan hulle te betoon vir wat hulle bereik het. In hierdie land van ons het hulle nog altyd van geslag tot geslag gelewe, en hulle, deur hulle waagmoed en goeie eienskappe het dit vir ons gegee – ‘n vry land. Hulle verdien vir seker ons lof en eer. Nog meer so verdien hulle kinders dit. Want by die nalatenskap wat hulle gekry het, het hulle die land Suid-Afrika vir ons gevoeg, wat ons nou het, en dit was nie sonder bloed en sweet dat hulle Suid-Afrika vir ons, die huidige geslag, gegee het nie.”

Die ANC se uitdagings om tot ‘n hoër beskawingsvlak te beweeg, het dus ‘n paar komponente. Eerstens moet hulle hul negrologie, en geïnstitusionaliseerde rassisme laat vaar. Tweedens moet hulle bydraes van ander in die verlede tot Suid-Afrika se hede erken. Verder moet hulle die toekomstige bydraes van ander tot Suid-Afrika toelaat.

Maar die koue werkliheid is dat die ANC in die uitleef van sy negrologiese waardestelsel, en kies van vriende, direk daarvoor verantwoordelik was dat die Amerikaanse ambassade in Pretoria, asook Amerikaanse konsulate landwyd, onlangs vanweë dreigemente van Somaliese terreurgroepe moes sluit.

Die ANC maak van Suid-Afrika ‘n baie onveilige plek, omdat hy eerder filantropiese gevoelens teenoor terroriste koester. Nie net vervreem hy die VSA en ander lande nie, maar ook die Afrikanervolk waaroor hy so meedoënloos regeer. Sy uiteindelike ondergang kan nie ver wees nie.

справка от наркологаДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.