Kop op die blok: Leeuehart nie goed genoeg in Durban

Deel op

Tussen die Haaie en die Leeus het hulle veertien toetsspelers wat die veld vanmiddag in Durban neem – en al veertien speel vir die Haaie. Nogtans sou ek my kop op ‘n blok gesit het dat die Leeus die oordonderende gunsteling vandag op hulle tuisveld sou klop.

Ek sou geredeneer het dat daar so iets is soos ‘n seisoenale bioritme vir spanne en dat die Leeus nog een goeie wedstryd in hulle oor het en die Haaie reg is om die draad van die verhaal te verloor. Verlede week het die Leeus teen ‘n werklik onindrukwekkende Boland gespeel, maar alles in die Rooibontmasjien het gekliek en hulle het die telbord met meer as 80 punte belas.

Die Haaie, daarteenoor, het nog net een wedstryd hierdie seisoen gehad waar hulle diep mos uithaal. Dit was teen die WP en hulle het soos nat toiletpapier gevou. Wanneer alles vir hulle werk, is hulle ‘n indrukwekkende span, maar as ‘n ander span húlle patroon op die Haaie afdruk, óf hulle spelpatroon ontwrig, is dit ‘n span wat maklik in 15 rigtings spat.

Ek kan ook daarop wys dat die Haaie reeds ‘n suksesvolle Doelwit Een – om die halfeindrondte te haal – agter die rug het en gevolglik sal sukkel om die stoomketels op volle druk te kry. Die Leeus, aan die ander kant, sal soos vasgekeerde katte veg vir die skrale kans op oorlewing in die kompetisie.

Al hierdie dinge is waar, en moenie uit die oog verloor word nie. Al hierdie dinge is uiteindelik ook van min belang. Die Leeus het vir Earl Rose op heelagter gekies –  einde van die argument.

Die Haaie gaan met meer as tien punte wen.

Daaroor sit ek my kop op ‘n blok.

пупсы купитьлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.