‘n Nuwe smaakervaring

Deel op

{jathumbnail off}

Hierdie resep is ‘n nuwe smaakervaring, gewaarborg.

Soek ‘n lekker spanspek by die groentewinkel uit en sowat 100g pistachioneute sonder doppies. Die kaas is ‘n stafie wit bokmelkkaas, maar die sagte Deense fetakaas sal ook werk as bokmelkkaas nie beskikbaar is nie. Albei kase het ‘n effense kryttekstuur wat heerlik by die spanspek pas.

Skil en ontpit die spanspek en sny in dun skywe. Verkoel solank.

Sny die bokmelkstafie in 4 skywe en rol in gekapte pistachioneute.

Plaas die neut-en-kaas skyfies op die koue spanspek en siedaar!

светильник уличный напрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.