VSA sê beheer van internet op

Deel op

Die VSA het beheer van die internet opgesê nadat lande begin kla het dat Washington se greep te hewig is. Lande buite Amerika sal voortaan ook seggenskap hê oor de toekoms van die stelsel.

Icann, die liggaam wat die ontwikkeling van die net beheer omdat hulle internetadresse soos .org, .net en .com bestuur, het Woensdag aangedui dat hulle hul ooreenkoms met die Amerikaanse regering gaan beëindig.

Dit sal beteken dat die Kaliforniese maatskappy ‘n internasionale rol sal speel met die teenwoordigheid van maatskappye en lande buite die VSA.

Icann het voorheen onder die beheer van die Amerikaanse regering gestaan omdat die regering die net beheer het vanweë die onderliggende tegnologie wat rekenaars met mekaar verbind het wat deur hulle beskikbaar gestel is.

Die nuwe fokus gaan egter wees om ander lande meer toegang te gee oor wat aanlyn gebeur. ‘n Aanlynweergawe van die Verenigde Nasies waar amptenare die toekoms van veranderinge op die net gaan bespreek is daardeur in die vooruitsig gestel.

Icann se hoof, Rod Beckstrom, en Washingtonvertroueling, sê daar was groeinde kommer dat sekere lande besig was om alternatiewe maniere te kry om Amerikaanse beheer te omseil.

“Daar was gerugte van veelvoudige eksperimente van lande wat die internet gevurk het,” sê hy. “Hierdie is ‘n belangrike skuif omdat dit die wind uit ons opponenete se seile gaan haal.”

Hy sê die veranderinge gaan verreikend wees omdat netgebruikers in die toekoms webadresse met name in Chinees, Arabies en enige ander alfabet sal kan registreer

Nie net China het voorheen gekla oor die VSA se internetbeheer nie, maar ook Europese lande.

Viviane Reding, die EU se kommissaris vir kommuniskasie en media, sê sy is verheug oor Washington se besluit om Icann se sleutelrol aan te pas by die werklikhede van die 21ste eeu.

Sy het gesê as die veranderinge deursigtig en doeltreffend is, gaan dit oor ‘n breë front deur gemeenskappe, sakeondernemings en regerings aanvaar word.

Kenners meen dit was ‘n uiters veelseggende besluit van die VSA en het internasionale samewerking daadwerklik verhoog.

 

как правильно проходить полиграфАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.