Nestlé skrik

Deel op

Nestlè het aan AfriForum belowe om vanaf die vierde Oktober, glad nie meer melk by Grace Mugabe te koop nie, het Sullivan O’Carroll, besturende direkteur van Nestlè Suidelike Afrika gesê.

AfriForum het ‘n veldtog, www.nestlebloodmilk.com, geloods wat verbruikers aanmoedig om dié produk te boikot.

Aangesien Nestlè besluit het om op te hou besigheid doen met Mugabe, sal AfriForum egter nie die veldtog voortsit nie.

Kallie Kriel, hoof-uitvoerende beampte van AfriForum, het Nestlè se besluit verwelkom.

Hy is van mening dat dit te danke is aan duisende mense wat bereid was om hul misnoeë met Nestlè uit te spreek.

“Dit bewys dat gewone verbruikers die mag het om geregtelikheid te laat geskied,” het hy gesê.

 

оборудование длятопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.