Watertekort is ANC liegstorie, sê Zille

Deel op

Die ANC het gereël dat daar glo watertekorte in Mitchells Plain sou wees voor ’n minister se besoek aan die voorstad, het die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, Donderdag gesê.

Die minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, het die gebied Dinsdag besoek.

Die minister het glo tydens sy besoek klagtes van inwoners ontvang dat hul watertoevoer sonder waarskuwing afgesny is.

Shiceka het voorts gewaarsku dat die nasionale regering sou ingryp indien Kaapstad of die Wes-Kaap nie daarin slaag om basiese dienste aan die gemeenskap te lewer nie.

In ’n ope brief aan Shiceka het Zille gesê sy het Mitchells Plain Donderdagoggend besoek en dat sy “geen bewyse van die sogenaamde watertekort” kon vind nie.

Zille het gesê inwoners het haar verseker dat die 350 liter water wat daagliks aan hulle voorsien word genoeg is.

Volgens die Wes-Kaapse premier het inwoners haar ook vertel dat die plaaslike komitee van die ANC gesê het hulle moet hul watertoevoer voor Shiceka se besoek afskakel.

Sodoende sou dit lyk asof hulle nie water het nie wanneer hulle hul krane vir die minister oopdraai.

“Drie aparte huishoudings het die bewerings bevestig,” het Zille gesê.

Zille sê sy is gekant teen Kaapstad-munisipaliteit se beleid om mense se watertoevoer af te sny wanneer hulle nie daarvoor betaal nie.

 

crystal tiarasтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.