Malema dreig borge

Deel op

Die ANC Jeugliga-leier Julius Malema het gedreig om “die gemeenskap te mobiliseer” teen Nedbank ná ‘n besluit om ‘n borgskap van Atletiek Suid-Afrika, ASA, te onttrek.

“Laat hulle onttrek. Ons sal hulle ontbllot vir wie hulle is. Ons sal die waarheid vertel oor hoekom hulle onttrek en ons sal SA mobiliseer om te weet wat Nedbank is,” het Malema aan joernaliste in Johannesburg gesê.

“Dit is wat ons stryd vandag definieer — mense wat weier om die transformasie te aanvaar, weier om leierskap van Afrikane te aanvaar.

“Hoekom onttrek mense nou in plaas van om méér geld in te sit?.

“Borg hulle vir Leonard Chuene of borg hulle Atletiek Suid-Afrika?

Hy het die Geelbladsye, ook ‘n atletiekborg, gewaarsku: “Geelbladsye – ons hou hierdie spasie baie goed dop,” het Malema gesê.

Nedbank het vandag borgskap van die jaarlikse Mathareeks gestaak.

 

или поршневойФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.