Malema steun Chuene

Julius Malema
Deel op

Julius Malema, die leier van die ANC-jeugliga, het Donderdag sy ondersteuning vir Leonard Chuene, die president van atletiek Suid-Afrika, ASA, uitgespreek.

Hy het gevra dat borge soos Nedbank getrou bly aan die organisasie.

“Ons glo dat die pogings om hom as president te skors vir sy opregte pogings om Caster Semenya te beskerm opportunisties is en moet verwerp word,” het Malema aan die media in Johannesburg gesê.

Hy het gesê dat die jeugliga Chuene ontmoet het om die Semenya geslagstoetssaga te bespreek en dat Chuene gesê het dat hy sal bedank as dit is wat die land se leierskap wil hê.

Maar Malema het gesê dat die liga aan Chuene gesê het dat dit nie vir hom nodig sal wees om te bedank nie.

Malema het ook ‘n versoek op borge gedoen om getrou aan ASA te bly.

“Nedbank dreig dat hulle gaan onttrek…laat hulle onttrek,” het Malema gesê.

Hy het ook gevra hoekom nie een van die drie Suid-Afrikaanse medaljewenners van die Wêreld Atletiekkampioenskappe borgskappe aangebied is nie.

Die maatskappye ondersteun nie hierdie kinders van Afrika nie,” het hy bygevoeg.

 

мебель дляФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.