Wêreldbank beloon Zimbabwe met 74 miljoen dollar

Deel op

Die Wêreldbank het gister aangekondig dat Zimbabwe ‘n skenking van VS$74 miljoen ontvang om sy landbousektor te laat herlewe.

“Die geld is 74 miljoen dollar, wat meer is as die 25 miljoen van verlede jaar,” het David Rohrbach, ‘n senior landbouekonoom by die Wêreldbank, aan verslaggewers tydens ‘n landboukonferensie in Harare gesê.

Die bank hoop dat die geld Zimbabwe se 700 000 “nuwe boere” wat nou die voorheen blanke plase beset, sal help, meen Rohrbach.

“Ons skakel regstreeks met nie-regeringsorganisasies. Ons volg op wat ander donateurs gedoen het om Zimbabwe te help. Ons is nog nie op ‘n stadium dat ons direk met die regering onderhandel nie, maar ons raadpleeg hulle,” het hy gesê.

Die aankondiging kom nadat ‘n nuwe verslag – wat vir die konferensie deur donateurs en die regering opgestel is – beweer het dat vergoeding aan omtrent drie persent van die 6 500 blanke plase betaal is wat onder Mugabe se grondroofprogram beset is.

Volgens die studie het “grondhervorming” die grondgebied waarop geboer word drasties verklein met 50 000 hektaar en besproeiingsgebiede het ook met meer as nege persent afgeneem tot 139 500 hektaar.

Mugabe het in 2000 sy “grondhervorming” geloods, met ten minste 4 000 blanke boere wat gewelddadig van hul eiendomme afgesit is. Hy het die program geregverdig deur te beweer dat dit bedoel was om “ongelykhede uit die koloniale tydvak reg te stel”.

Swart boere wat op die grond hervestig is, het min regeringsondersteuning ontvang, terwyl banke onwillig is om lenings aan hulle te gee sonder wetlike waarborge oor die eienaarskap van die grond.

Die produksie van sowel voedsel as kontantgewasse soos tabak het ineengestort en sodoende miljoene mense van internasionale voedselhulp afhanklik gelaat.

Die sekretaris van landbou, Ngoni Masoka, het aan die media gesê dat Zimbabwe vanjaar ‘n skerp styging in oeste verwag.

“Vanjaar is die voorbereidings veel meer gevorderd, vergeleke met verlede jaar,” het hy gesê. “Selfs wat befondsing betref, is ons vanjaar beter voorberei.”

Mugabe het in Februarie by sy vorige mededinger Morgan Tsvangirai aangesluit om ‘n eenheidsregering te vorm ten einde Zimbabwe ná jare van ekonomiese agteruitgang te stabiliseer, asook die geldkrane vanuit die Weste weer oop te kry.

ігри для дєвачєктопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.