Standerton gespanne

Deel op

Betogings in Standerton het Donderdag uitgebreek by die Sakhilelokasie toe inwoners die paaie met klippe en ander voorwerpe versper het, het Mpumalanga polisie gesê.

“Honderde inwoners het die R23 met klippe en bande en ander voorwerpe versper en motoriste verhoed om die pad te gebruik,” het kaptein Leonard Hlathi gesê.

Ontstoke inwoners het vroeg Donderdagoggend begin betoog.

“Hoewel daar nog geen gewelddadige voorvalle was nie, is die situasie gespanne. Daar is ‘n groot polisieteenwoordigheid in die gebied.”

Volgens Hlathi het polisie die versperrings uit die pad verwyder, maar betogers het dit weer gaan oprig.

Die betogings is aangevuur deur ‘n ondersoek wat bevind het dat verskeie amptenare van die Lekwa-munisipaliteit en raadslede hulle skuldig gemaak het aan bedrog, wanbestuur en korrupsie.

Die gemeenskap gaan vanaf Sondag onder gewelddadige betogings gebuk, toe die huis van ‘n munisipale amptenaar met ‘n petrolbom aangeval is.

Die polisie het die toestand daarna aan die media as “vreedsaam” beskryf.

Nuwe betogings het Dinsdagaand uitgebreek en ‘n munisipale administrasiegebou en ‘n gemeenskapsentrum is aan die brand gesteek.

 

карданный светильниклобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.