Vir die reënweer

Deel op

{jathumbnail off}

Iets anders vir die koel reënweer. Dit neem nie langer as 20 minute om dié vullende warm slaai vir vier mense aanmekaar te slaan nie.

HOENDER EN AARTAPPELSLAAI

500g jong aartappeltjies, in dik skywe gesny
1 eetlepel balsamiese asyn
3 eetlepels olyfolie
100g babaspinasieblare
400g of vier gaar hoenderborsies in skywe gesny
100g gehalveerde kersietamaties

Metode

Kook die aartappelskywe in water tot sag, so 5 minute. Giet water goed af en verbruin in 2 eetlepels olyfolie vir so 7 tot 8 minute in ‘n braaipan tot lekker goudbruin. As al die skywe nie inpas nie, doen in twee sarsies.

Voeg die asyn, die oorblywende olie en spinasieblaartjies by tot hulle verwelk. Dis sommer gou-gou. Voeg dan hoender en tamatie by, roer deur, snipper ‘n paar grasuie daaroor en skep op!

Verslankend, smaaklik en voedsaam. Kyk hoe biggel die reëndruppels teen die ruit af en geniet!

внутреннее освещение помещенийФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.