NG Kerk kan soos NP verdwyn

Deel op

Doktor Nico Smith se aanklag teen sy Moeder, die NG Kerk, skree om reaksie juis vanwee sy gebrek aan ʼn praktiese uitkyk oor kerkwees vanaf lidmaatsvlak.

Op verskeie plekke in sy brief kla hy die kerk daarvan aan dat hy posisies ingeneem het soos wat sy lidmate dit wou hê. Nou hoe dan anders, doktor? Die kerk se hele bestaan hang van sy lidmate af. As daar nie lidmate is nie, is daar nie ʼn kerk nie. As die lidmate nie die ampsdraers se salarisse wil betaal nie, is daar nie ampsdraers nie en is daar nie ʼn sinodesitting nie. Die blote plaasvind van die sinodesitting word gefinansier deur die geld wat uit  die lidmate se sakke kom.

Deel op
Lidmate het in die algemeen volwasse geraak. Meer so met prosesse wat ampsdraers aan hulle wil voorskryf, wat vanuit die politiek eerder as die skrif gemotiveer is. Een hiervan is die eis om kerkvereniging met die swart kerke. Oor hierdie saak redeneer ek en baie van my kennisse soos volg: Hoekom is daar nie ʼn oproep tot vereniging met die Gereformeerde en die Hervormde kerke nie?  As dit dan ʼn eis vanuit die Skrif is om met die swart kerke een te word, sal dit dan tog ʼn eis wees om ook met wit die kerke een te word. Daaroor sal die skrif beslis konsekwent wees . Daar is verder tog ook ʼn baie praktiese aspek aan verbonde, naamlik die volgende: Dit is tog baie eenvoudiger om met kerke een te word waar mense dieselde taal, kultuur, etnisiteit en agtergrond het as om dit te probeer afforseer met kerke waar een of meer verskille t.o.v taal, kultuur, etnisiteit en voorvadergeeste-aanbidding bestaan. Eers as ʼn mens dit dan reggekry het om eenderse kerk verenig te kry, dan eers sal die kanse verbeter om kerkvereniging oor taal-, kultuur- en rasgrense te laat plaasvind. In die lig van die feit dat die gesprek oor kerkvereniging tussen die 3 Afrikaanse susterskerke al oor die 100 jaar aan die gang is, voel ons fit moet ons regmaak vir ʼn gesprek oor kerkvereniging met die swart kerke wat nog maklik 500 jaar gaan duur omdat die faktore soveel meer kompleks is.

U sien doktor, die gewone lidmaat voel met  ʼn stok aan dat die eis om kerkvereniging ʼn politieke eis is. Lidmate weet dat kerkleiers, wat dit as ʼn opdrag uit die skrif wil voorhou, vir praktiese redes soos hierbo genoem, vir ons lieg. Nou is dit ook maar so dat die lidmaat wat vir homself dink toenemend onwillig raak om te help met finansiële bydrae’s wat gebruik word om  salarisse te betaal van kerkleiers wat vir ons lieg.

Verder betreur u die feit dat die NG kerk op ekumeniese vlak nie ʼn verskil kon maak nie, vanweë sy keuse om hom te posisioneer soos wat sy lidmate dit wil hê. U sien doktor, die gewone geldbydraende lidmaat deel hierdie gemis van u nie in die minste nie en voel  ʼn totale veer daarvoor. Ek gee u weer die praktiese rede hoekom dit so is. Vir die lidmaat sien die hiërargie van praktiese kerkwees soos volg daar uit, met afnemende orde van belangrikheid:

  • Huisgoddiens in my gesin
  • Bediening van mense uit my onmiddellike gemeenskap, bv my straat, my vriende en familiekring, vanuit die opdrag “Dra mekaar se laste en vervul so die wet.."
  • Bediening  van lidmate van my plaaslike gemeente
  • Bediening van mense uit my kultuur- / etniese gemeenskap.
  • Bediening van mense in die breë in my woonbuurt, stad of dorp
  • (as iemand dan nog enige verdere tyd het miskien in aangrensende woonbuurte of in die townships)
  • ʼn Vae belangstelling maar hoofsaaklik onbetrokkenheid oor dit wat op sinodale vlak gebeur
  • ʼn Totale gebrek aan belangstelling oor wat op ekumeniese vlak gebeur.

Om dus nou die lidmaat se oortuigings te probeer verander oor die gebrek aan invloed op ekumeniese vlak is ʼn totale mors van tyd en gaan geen invloed hê nie omdat veral die denkende lidmaat die vooroodeel handhaaf dat die verskille wat daar gemaak moet word bloot polities gemotiveerd is.

U betreur die feit dat die kerk sedert 1994 niks verander het nie. Ten opsigte van praktiese kerkwees gaan ek dit nou ook aan u verduidelik hoekom nie:

Soos ek aan u hierbo aangetoon het, is kerkwees anders as wat u glo, nie ʼn proses wat van bo af bestuur en gemanipuleer kan word nie. Ek noem 3 praktiese voorbeelde:

  • My sinodale voorsitter of selfs my gemeenteleraar gaan my nooit oortuig om elke keer wanneer ek huisgodsdiens hou,  eers  gekleurde persone te moet gaan soek om die meerderheid van my huisgodsdiensbeoefening uit te maak nie.
  • Hulle  gaan my ook nooit oortuig om wanneer ek ‘n Afrikanerbroodwinner wat sy werk weens rassediskriminasie verloor het, help om weer werk te kry, dat dit my plig is om eers 5 swart broodwinners met werk te help nie.
  • Predikante en kerkleiers weet dat as hulle die lidmate in poltiek gemotiveerde kerkvereniging gaan indwing, gaan die lidmate nie meer wil geld gee om hulle salarisse mee te betaal nie en dan is hulle hul werk kwyt.

Doktor Smith, die Rubicon wat u moet oorsteek, is die besef dat die kerk of sy vergaderings nie die Skrif kan misbruik om my of ander lidmate se aanbiddingsruimtes te transformeer tot die een van korrektheid teenoor die politieke eise van die dag nie. As dit veel langer gaan aanhou, gaan ontrekking van lidmate se geld veroorsaak dat die NG Kerk as instelling net soos die Nasionale Party gaan verdwyn.

интернет-магазин детской одеждыпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.