Proe die Franse platteland

Deel op

{jathumbnail off}

‘n Resep met net één vars bestandeel, smaaklik, kleurvol, eenvoudig, baie deftig en elegant. Kortom ‘n mondvol en eg Frans. Moenie volgende keer verby daardie bossie radyse in die groentewinkel of die boeremark loop nie. In daardie kraakvars pepersmakie van die nederige radys, lê die geheim van ‘n hele maaltyd opgesluit.

Soek ‘n vars bossie, verlep sal nie deug nie.

Was sorgvuldig, droog af en as die stingels en blare mooi lyk, hou dit sommer aan en pak op ‘n mooi bord uit.

Bedien saam met vars snye Franse brood of bruinbrood, ‘n bakkie soet (ongesoute) botter en growwe sout.

Om te eet, sny ‘n radysskyfie, smeer ‘n knypie brood met botter en plaas daarop. Maal ‘n bietjie growwe sout daaroor na gelang van smaak en smul!

‘n Glas koue Sauvignon Blanc daarby, ‘n hopie biltong en dis so goed soos ‘n vakansie op die Franse platteland hier tuis.

 

справка о заболеваниилобановский александр игоревич харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.