Ontario vervolg tabakmaatskappye

Deel op

Kanada se Ontario-provinsie het gister ‘n regsgeding teen ‘n groep tabakmaatskappye aanhangig gemaak om naastenby R400-miljard in tabakverwante gesondheidsorgonkonstes te herwin.

Die eis verteenwoordig die gesondheidsorgkostes wat deur Ontario se belastingbetalers sedert 1995 gedra is, sê die Ontario-regering in ‘n verklaring.

Die tabakmaatskappye, wat nie deur die provinsie geïdentifiseer is nie, het tot 60 dae om ‘n verweer in te dien.

Die geding volg op die passering van ‘n wet vroeër vanjaar wat die regte van betrokke partye verklaar en stel ‘n wettige raamwerk vir sulke aksies daar.

Kanada se hooggeregshof het in 2005 beveel dat provinsies tabakmaatskappye kan vervolg om gesondheidskostes wat met tabakgebruik verbind is, te herwin.

Sedertdien het twee ander provinsies, Britse Columbië en Nieu Brunswick, tabakmaatskappye vervolg maar in weerwil van jare se hofverrigtinge en onderhandelinge, is nie een van die sake al opgeklaar nie.

” Ontario neem hiermee die volgende stap om belastingbetalers se dollars wat gebruik is om tabakverbonde siektes te beveg, terug te kry,” het Ontario se prokureurgeneraal, Chris Bentley, in ‘n verklaring gesê.

Volgens die regering is rook die nommer een oorsaak van voortydige dood en siekte in Ontario, en is verantwoordelik vir 13,000 sterftes per jaar.

fortuneлобановский александр харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.