Proteas eindig laaste in groep

Deel op

Laaste. Heel, heel laaste. Dis waar die Proteas in hulle groep in die IKR se Kampioenetrofee-toernooi geëindig het. Hulle het na die agterosposisie gedaal toe die geminagte Nieu-Seelanders gister die ewe verguisde Engelse span op die Wanderers met vier paaltjies verslaan het. Dié twee sukkelspanne is nou deur na die halfeindrondte van die toernooi terwyl die hoogaangeprese Sri Lankane saam met Suid-Afrika saggies by die agterdeur moet uitsluip huis toe.

Die Swartpette het die Rose op ‘n Wanderers-blad vol speserye deurmekaar geboul en vir 146 lopies uitgehaal. Daarna het hulle swaar getrek om die karige telling te haal, hoewel dit aanvanklik soos so maklik soos val uit ‘n boom gelyk het.  Brendan McCullum en Martin Guptill het die bal, nou nie met uitgelatenheid nie, maar met uiterste gemak rondgedruk en getrek en het meer as helfte van die lopies aangeteken voordat McCullum op 48 en later Guptill op 53 uit is.

Daarna het die senuwees, die nukkerige kolfblad en Stuart Broad vol skoongesig aggressie die middelorde laat bewe het. Uiteindelik het Daniel Vettori met al sy onverstoorbaarheid die wa oor die kruin gestoot. Met dié oorwinning eindig die ondergewaardeerde Nieu-Seelanders bo in hulle groep met Engeland tweede.

Die twee superspanne, Sri Lanka en alewige stikkers, Suid-Afrika, het sterte netjies tussen die bene opgetrek en bedeesd die toernooi verlaat.

купить липецк аксессуары для шиноремонтаФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.